Ons trek af na ons nuwe huis wat ons onder in die veld gebou het, en Una en Buksie moet saam. “n HELE gedoente…
Hulle gaan in die “Makoekoe” wat Roelf vir hulle gebou het.
Una het haar Pink Tags gekry, en lyk nou soos ‘n regte dogtertjie.
Ek het al vergeet hoe stout Buksie was!!! Hy heeltyd die deur gekrap met sy poot, en met sy kop gestamp. Liewe land, so het dit heel dag elke dag aangegaan, tot ek genoeg gehad het van hom…..en hom toe ingeruil het vir Chokkie, om saam Una te loop en haar maatjie te wees.
Ek ruil vir Buksie in, en kry vir Chokkie om saam Una te loop en haar maatjie te wees.

Lewer kommentaar