Una die Springbokkie

My liefste Una, by jou het ek so baie geleer. Ek vertel jou storie vandag met liefde, hartseer, verlange en terselfde tyd ook met ‘n glimlag, as ek dink aan al die goeie tye wat ons saam gehad het.

Animals may not speak a human language, but it doesn’t mean that they don’t talk. They find other ways to talk to us, without using words. When they want to say please help me, they look directly into our eyes. And when they play with us, they say you make me happy. When they ask for rubs, they say I trust you. And when they risk their lives by being near us, it’s how they say you are my friend. Because actions speak so much louder than any word we could invent. And if we only listen, we can hear their actions talk. When they run to meet us, they try to say I missed you so. And when they purr in joy, that’s how they say I love your affection. When we’re sad they come closer. That’s how they say you are not alone. Animals may not speak a human language, but it doesn’t mean that they don’t talk.

Uno, Dos en Tres

5 April 2019, kom Abel en Roelf met 3 klein pasgebore Springbokkies by die huis aan. Hul al drie se mammas is dood. Abel het die drie kleintjies uit die dooie ooie se mage gesny toe hy sien hulle lê dood en is dragtig, met die hoop dat die kleintjies nog sou lewe, en dat hy die kleintjies nog sou kon red. Ek noem hulle Uno, Dos en Tres.

Hulle is al drie te vroeg gebore, en nie heeltemal klaar ontwikkel. Uno, wat se naam ek later na Una verander…was die verste ontwikkel. Haar longetjies dink ek was net nog nie klaar ontwikkel en sterk. Ek dink klein Tres het ‘n paar goedjies gehad wat nie heeltemal klaar ontwikkel was. En Dos kon mens duidelik sien hy was bietjie baie vroeg gebore, want hy kon nie mooi loop, en sy lyfie was nog nie klaar ontwikkel….die lyfie was krom, en so ook die beentjies.

Ek sit hulle in my skaap kraaltjie waar hulle kan rond hardloop in die son, en bietjie oefening kry deur die dag. En in die aand word hulle in ‘n hokkie toegemaak, waar hulle lekker warm kan slaap onder die rooi lig.

Lekker warm onder die rooi lig

Dos is 13 April oorlede, en klein Tres 28 April. Net klein Una bly oor. Nou is sy alleen, en ek besluit om een van die klein lammertjies wat saam hulle in die kraal loop as ‘n maatjie vir haar te gee. Ek besluit op klein Buksie, want hy is omtrent haar ouderdom. Die slaap nou saam haar in die aand in haar hokkie, sodat sy nie so alleen is.

Klein Una en Buksie..”best friends”

Ek hou haar vir eers in die kraaltjie, dat sy gewoond kan raak aan haar omgewing, aan my en aan haar skaap maatjies terwyl sy haar oefening kan inkry deur lekker rond te hardloop. Die kraal is nou nog groot genoeg vir haar.

Sy word makker en sterker by die dag, en klein Buksie is haar gunsteling maatjie. So speel sy en haar skaap maatjies deur die dag in die kraal, en snags slaap sy en Buksie snoesig saam in die hokkie onder die rooi lig. Dis begin herfs, en die aande is maar koel.

Ek het nog nooit ‘n Springbokkie groot gemaak van geboorte af nie, en moes van oral af inligting inwin. Daar is soveel goed wat anders as normale plaasdiere is. En veral omdat sy nooit aan haar mamma gedrink het, en van daai bies melk ingekry het. Haar rumen werk nie reg, omdat sy nie die regte ensieme van haar mamma se melk ingekry het nie. Soos sy groter word, en begin vaste kossies eet, begin sy aan hardlywigheid ly. Ek gee vir haar elke dag heuning water in om haar magie aan die gang te kry.

Slapelose dae en nagte was op hande vir my….moedeloos, raadop, en gefrustreerd party dae. Maar, ek en sy sou deurdruk…vir baie kere.

So bring ek hulle na ‘n ruk, toe ek sien Una is redelik “mak”, elke dag in die erf in om daar rond te speel en hardloop. Ek weet Una sal nie wegloop as ou Buksie by haar is nie.

Una en Buksie kom vir die eerste keer by die huis loop

Melktyd is natuurlik altwee se gunsteling tyd…veral klein Buksie. Die twee het eers elke 3 ure melk gekry, en soos hul groter geword het, net drie keer per dag. Dan, laat middag is dit weer terug kraal en hokkie toe vir die nag se slaap. Laat middag of aand melk word gewoonlik in die kraal gegee, want dis al manier om die tweetjies weer uit die erf gelok te kry.

12 uur melk tyd by die huis

Una se melk is ingewikkeld. Dit moet ‘n sekere temperatuur wees. Daar moet ‘n sekere hoeveelheid room bygevoeg word, en weet nie wat als. Maar ek doen al hierdie elke dag met liefde, as ek sien die onvoorwaardelike liefde wat ek van haar kry.

Middag melk tyd in die kraal

Dis winter en Una begin eendag olik lyk. Sy wil nie haar melk drink nie, en lyk glad nie lekker nie. Haar kleur in haar gesig en ore verander na grys. Nou weet ek daar is iets fout…maar wat?

Ek begin ‘n veearts se nommer soek. Hier rond is nie veel nie. En die meeste werk en ken net plaas vee, en nie wild. Ek bel ‘n paar hier in die rondte..almal ‘n uur se ry van die plaas af. Elkeen sê ek moet haar inbring… Hoe doen ek dit?

Sy het nou met ‘n spoed agteruit gegaan en is dodelik siek, en ek kan haar nie so vervoer. Ek wie hou haar vas, en hoe vervoer ek haar..in wat?

Ek sit in die kraal met haar op my skoot. Sy lê en kan nie meer opstaan. Ek is besig met die naaste veearts op die foon toe sy besig is om haar laaste asempie uit te blaas. Ek skree oor die foon..”sy is besig om in my arms dood te gaan, wat moet ek doen!!”. Die veearrt sê, “jy kan niks doen”. Ek sê gee my net enige raad asb! Hy sê probeer maar mond tot mond asemhaling.

Ek gooi die foon neer en gryp Una se mondjie en begin asem in haar longetjies inblaas. Intussen gooi Sophia haar arms in die lug en begin die kraal uithardloop, terwyl sy soos ‘n besetene skree….ons altwee nou in ‘n toestand. Maar nou moet ek probeer kophou en Una se lewe probeer red. Ek hou aan lug in haar longetjies inblaas.

Na wat soos ‘n ewigheid voel, begin sy weer asem haal. Ek sit haar in haar hokkie onder die rooi lig om warm te word. Ek hardloop huistoe en begin google vir ‘n “wildlife vet”. Ek kry een in Bethlehem wat sy foon antwoord. Ek verduidelik wat aangaan. Hy sê sy het longontsteking en sê wat se medisyne ek moet kry en inspuit. Ek bestel van Bloemfontein af en laat dit met die courier aflewer. Intussen spuit ons haar Terramysin net om haar aan die gang te hou.

Die medisyne word afgelewer en ons moet haar drie dae agtermekaar spuit. Hierdie keer herstel sy wonder bo wonder heeltemal. Die veearts waarsku, dat omdat haar longetjies nooit klaar ontwikkel het, en omdat sy nie haar mamma se ensieme ingekry het nie sal sy vir altyd ‘n probleem met longontsteking in die winter, koue en reën hê.

Vervolg…..

Lewer kommentaar