Pak jou lewe in ‘n tas, Paljas!

vrystaat_se_sonsondergang
Vrystaat skildery wat my verwelkom

Mei 2017……ek klim in my afslaan kap motor, en vat die lang pad aan na die Suidwes Vrystaat. Ek los my hele lewe soos ek dit geken het, nou in my tru spieëltjie agter en ry die vreemde tegemoed…Oppad Luckhoff toe.
Ekself weet nie waar dit einltlik is…en google kon dit skaars kry, maar ek volg my hart, na my plaasboer toe…Luckhoff toe.

My kar se dak is af en my hare waai in die wind. My duur Dolce & Gabanna sonbril op, en my lang netjiese naels tik op die stuurwiel saam die maat van die musiek.
Die lewe is ‘n lied, en ‘n nuwe vooruitsig wat op my wag.

Roelf het verduidelik:”Bloemfontein, Petrusburg, Koffiefontein, Luckhoff… by Luckhoff draai jy regs op die grondpad na die plaas.

Luckhoff, eens ‘ n pragtige plattelandse dorpie wat elke jaar streekskampioen saalperde skou gehou het, en wat daai jare deur Paul Revere sigarette “ge-sponsor” was.
Hierdie klein dorpie het twee motor handelaars gehad. Lombaards garage wat Peugeot motors verkoop het, en Freund’s garage wat Toyota verkoop het.
Dan was daar Tigg Grey se winkel wat ‘n Algemene Handelaar was, Help Mekaar Algemene Handelaar, Domino Kafee was toe ‘n griekse kafee wat aan Harry Apostolitis behoort het, ‘n tuisnywerheid en dan die NG kerk, hotel en bar….natuurlik reg oormekaar.

Dan is daar natuurlik ook “Faan se trein”, wat hier uit Luckhoff kom. Almal hier op Luckhoff het geweet wie “Malfaan” Oosthuizen was, “inkommers” inkluis. Pieter Fourie, die dramaturg en skrywer het ook hier op Luckhoff grootgeword, en sy pa oom Fritz Fourie was die groot vervoer kontrakteur van daai jare.

Vandag is Luckhoff ‘n afgeremde dorpie wat se ryk geskiedenis verlore geraak het tussen die hope plastiek sakke en vullis wat al die mooi ingesluk en verdelg het.
Die eens mooi is nou net stories wat vertel word…net herinneringe. Die dorpie bestaan vandag net uit n Koöperasie, OK Grocer, Pep Stores, Domino Kafee (wat nie meer ‘n griekse kafee is), Poskantoor en drankwinkel, en dan nog die mooi ou NG Kerk.

Ek draai af en vat die grondpad plaas toe. My sport motor is nie gemaak vir hierdie soort paaie nie, dink ek by myself.
Dis Mei maand en winter hier. Als is swart, droog en dor in die veld. Wonder hoe mense hier n bestaan maak, dink ek hardop. Ek kry die wit motorhek na n ruk op my linkerkant, draai in en volg die kronkel paadjie na die plaas huis.

Springbokke, wit blesbokke en zebras verwelkom my soos ek met die paadjie opry. Dan verskyn die ou plaashuis voor my. Die lower groen grasperke is soos ‘n oase in die woestyn. Die twee skaaphonde is eerste om my te groet.
Roelf kom aangestap..”welkom op die plaas, jy is nou amptelik ‘n boervrou!”

My klere en die hoeveelheid daarvan was natuurlik die eerste probleem, lol. Daar was nie genoeg plek in daai plaashuis vir als. Ek moes van die meeste ontslae raak. Soos ek sou uitpak het Roelf gevra, “waarheen gaan jy daai klere dra, of daai hoë hak skoene?” Ja, die geleenthede hier is niks tot nul vir sulke klere….so het ek met tyd geleer. Kortbroek, hemp en plakkies, dis nou die kleredrag hier in die somer…. jeans, my paar Blundstones en n baadjie vir die winter.

BOERVROU!!…’n stadsjapie wat ‘n boervrou word…min het ek toe geweet wat dit als sou behels en wat op my wag…
Ek kom van die stad af, het nog nooit kos gemaak. Inteendeel, ek het elke maand die helfte van ons Woolworths se werkers se salarisse betaal, en omtrent aandele daar gehad. Ek het van Woolies kos geleef.
Die naaste wat ek aan kos maak gekom het, was om ‘n sny brood in die toaster te druk. En dan het die ook nog partykeer verbrand.
Ek het Roelf natuurlik voor die tyd gewaarsku dat ek nie kan kos maak. Sy antwoord daarop was: “kan jy n eier kook?”. Ek het gesê, ja. Toe sê hy, dan kan jy kos maak.

Die tyd staan stil die eerste paar weke..voel of ek op vakansie is. Als nog so onwerklik…. my lewe in ‘n tas…..

6 reaksies op “Pak jou lewe in ‘n tas, Paljas!”

  1. love dit – nee kyk girl jy mag maar skryf hoor. Ek geniet dit nou baie

    Like

  2. Wanneer kan ons deel 2 verwag.

    Like

    1. Binne die volgende paar dae..😊 Jy is haastig 😂

      Like

  3. Love dit my mater❣️

    Like

Lewer kommentaar