Etiket: Grillerige dinge
-
Sophia en die slang
Sophia, my huisvrou kom van die waskamer se kant gestap…en gaan leun heel gelate teen die lapa se klip muur terwyl sy die koerant papiertjie nat lek waarin sy haar tabak gesit het. Sy mompel iets vir my… Ek sit op die bankie voor die skuifdeur…beker koffie, en foon in die hand met moeder op…
