Sophia en die slang

Sophia, my huisvrou kom van die waskamer se kant gestap…en gaan leun heel gelate teen die lapa se klip muur terwyl sy die koerant papiertjie nat lek waarin sy haar tabak gesit het. Sy mompel iets vir my…

Ek sit op die bankie voor die skuifdeur…beker koffie, en foon in die hand met moeder op die ander kant. Sophia, nogsteeds leunend teen die klip muur..”daar’s ‘n pofadder hier agter in die gat”.

Ek knip my gesprek kort. Ek: “Waar’s Toti!? (Ons tuinman) Roep vir Toti”. Sophia:”Hy’s daaaaar buite besig om vir hom ‘n besem te maak”. Ek:”Gaan roep hom!!” Sophia eenkant toe, en ek in die huis om my “pellet gun” en ‘n mond vol pellets te kry.

Sophia!!!! Ja mevrou….. Waar is jy? Hier agter. Ek loop om na die brand gat, en kry Sophia daar. Ek:”Waar is die slang?”. Sophia:”Hy’t net hier geloop”. Sy wys van die draad af na die gat se kant toe.

Ons begin soek. My oë is nog nie so lekker ingestel om goed so vinnig raak te sien wat so in smelt hier op die plaas. Toti kom intussen aangestap met die hark in die hand.

Toti:”Hier is hy”. En loop na die een kant van die gat. Die Pofadder begin net uit die gat te syl. Toti kap hom met die hark. Ek dog ek kry ‘n ligte hartaanval.

Sophia gaan haal die graaf skree ek. Sophia hardloop en bring die graaf. Met ‘n gesukkel hou Toti die slang met die hark, en kap hom dood met die graaf. Ek:”Jy weet Sophia, ek moer jou sommer!!..ek skiet jou sommer met die geweer in die gat!!”. Sophia heel verbaas……nee jislaaik, hoekom mevrou?

Want jy kom vertel my van die slang asof jy my kom vertel hoe lekker jy gisteraand geslaap het!! Jy leun so ewe teen die muur terwyl jy jou zol draai. Maar mevrou was dan op die foun…Ek gee nie om nie..jy moet skreeee… slaaaaang, slaaaang!!! Sophia lag en loop weg.

Ek dink ‘n gedeelte van my stadsjapie sal seker altyd in my bly. Weet nie of ek so gemaklik sal raak soos hulle oor die slange, spinnekoppe en ander gediertes hier rond….

Lewer kommentaar